Sundowner Golf
Datum: 4 Desember
Plek: Ceres Gholfklub
Inskrywings: R120 by die Ceres Gholfklub
Formaat: Enkel stableford
Die Ceres Kersiefees is soveel meer as net 'n fees – dit word gevorm deur 'n gemeenskap. Dis die kersies wat om familietafels gedeel word, die produsente wat jaar ná jaar hul passie uitleef en topgehalte kersies verbou, en die kosstalletjies wat hierdie vrug omskep in die geurigste en smaaklikste disse. Dis die musiek, sport, lag en kuier wat deur die dag ontvou. Elke deel van die fees word moontlik gemaak deur mense wat met passie en trots hul bydrae lewer.

Die Ceres Kersiefees is 'n viering van die produsente, plaaswerkers en gemeenskap wat elke jaar met passie werk om kersies van wêreldgehalte te lewer. Hier ontmoet jy die mense agter die vrug.
Jou kaartjie na 'n dag vol kersiepret! Kom vier die Ceres Kersiefees saam met ons op Saterdag, 5 Desember 2026. Geniet heerlike kos, vars kersies, musiek, vermaak en hope familiepret — alles op een plek. Kry jou kaartjies vroegtydig en maak seker jy mis nie dié somerfees nie.
Stap tussen die kersiebome, proe die vars kersies, ontmoet die mense agter die oes en ervaar Ceres se kersieseisoen eerstehands! Meer inligting sal volg.

Donderdag, 3 Desember 2026
Uitstalling deur kunstenaars in die Ceres omgewing, 'n sorgvuldig saamgestelde wynproe en 'n ruim oestafel.
R230

Saterdag, 5 Desember 2026
Sluit die toegang in tot die feesgronde vanaf 16:00
R250

(5-18 ouderdom)
Sluit die toegang in tot die feesgronde vanaf 16:00
R150

Sondag, 6 Desember 2026
Kerke, bedieninge en gelowiges van Ceres en omgewing word uitgenooi om saam te kom vir 'n spesiale oggend van lofprysing en aanbidding ter ere van Jesus.
Gratis

Op Saterdag, 5 Desember 2026, verander Ceres, Suid-Afrika se kersiehoofstad, in 'n feestelike speelgrond waar kersies, musiek, kos en familiepret saamkom.
Kom geniet 'n dag gevul met:

Feesprogram
16:00 – Kersie-geïnspireerde Mark & Mixologie-kroeg
16:00 – 20:00 – Mini Kersie-Jol Area
16:00 – 22:00 – Musiek & Vermaak
18:00 – Riaan Benadé
20:30 – Bok van Blerk
Hekke sluit om 20:00

By die Ceres Kersiefees gaan ons stalletjies hul geregte 'n unieke kersie-twist gee! Ons nooi hulle uit om kreatief te raak en gewone gunstelinge te omskep in iets besonders – met Ceres-kersies as die ster van die gereg. Van soet tot sout, van souse tot nageregte en drankies – verwag verrassende kersiekombinasies wat jy net by die fees kan kom proe. Kom ontdek hoe lekker 'n kersie kan wees wanneer dit 'n bietjie anders opgedis word!
Wil jy 'n verkoper wees?
Ons op soek na uitstaande kersie-geinspireerde kos, drankies, gebak en lekkergoed wat saam met ons 'n onvergeetlike feeservaring kan skep.
Doen Aansoek om 'n Verkoper te Wees'n Speelparadys vir die klein kersies! Die Kersie-Jol Area is propvol pret vir die jongspan — van springkastele, trekkerritte en 'n mini-hindernisbaan tot gesigverf, ballonkuns, slime, inkleur en nog baie meer. Laat die kinders speel, ontdek en jol terwyl die grootmense die fees geniet. Bring jou klein kersies — ons sien julle daar!





Datum: 4 Desember
Plek: Ceres Gholfklub
Inskrywings: R120 by die Ceres Gholfklub
Formaat: Enkel stableford
Datum: 5 Desember
Plek: Ceres Rolbalklub
Inskrywings: 083 256 2590 voor 25 November
Formaat: 3 wedstryde van 90 minute elk
Ingesluit by inskrywing: R1000 per span (4 persone) sluit middagete & toegang tot die Ceres Kersiefees in.
Datum: 5 Desember
Plek: Laerskool FD Conradie Sportgronde
Inskrywings per skool: 023 313 3407
Afdelings: Junior (o.10 - o.13) & Senior (o.14 - 19)
Ingesluit by inskrywing: R600 per span (5 spelers) & Toegang tot die Ceres Kersiefees
Datum: 4-6 Desember
Plek: Ceres Tennis Club
Afdelings:
U/9 orange ball: R275
U/10 & U/12 green dot ball: R375
U/14, U/16, U/18 ordinary ball: R375
Cost includes singles and doubles, except U/9 singles only
Datum: 5 Desember; 9–11am
Plek: The Barn Gym Ceres
Inskrywings: The Barn Gym (083 301 6941)
Ingesluit by inskrywing: R200 Members / R300 Non-Members; Toegang tot die Ceres Kersiefees
Datum: 5 Desember
Plek: Ceres (Alhambra, Bo-Swaarmoed)
Ingesluit by inskrywing: R500 (KKD Hemp, Swempet, wedrennommer & gratis toegang tot die Ceres Kersiefees)
Afdelings:
Datum: 5 Desember; 9–11am
Plek: Ceres Padel
Inskrywings: Playtomic App
Ingesluit by inskrywing: R225; Toegang tot die Ceres Kersiefees
Ontdek die beste verblyf- en kampeeropsies in Ceres en die omliggende gebiede. Of jy nou op soek is na ’n gerieflike gastehuis in die dorp, ’n selfsorg-eenheid vir die gesin, of ’n rustige kampeerplek tussen die berge en natuur, daar is ’n opsie vir elke tipe reisiger en begroting.
Ons het die opsies beoordeel op grond van ligging, gerief, fasiliteite, kapasiteit en waarde vir geld, sodat jy maklik die regte plek vir jou besoek kan kies.
Vanaf R680 per nag vir een persoon en R980 per nag vir twee persone wat deel.
Dit is die beste veelsydige opsie in die dorp. Die gastehuis is sentraal geleë en bied verskillende kamertipes, gesinskamers, veilige parkering, Wi-Fi, ’n swembad en ’n gelisensieerde restaurant op die perseel. Daar is ook ’n kamer wat vir gaste met beperkte mobiliteit ingerig is.
Doen navraag — The Village Guest House & RestaurantVanaf R1 000 per kamer per nag vir een persoon of R1 200 vir twee persone wat deel. Ontbyt kos R100 per persoon.
’n Netjiese driester-gastehuis met agt ruim en suite-kamers, asook selfsorg- en gesinsopsies. Fasiliteite sluit lugversorging, Wi-Fi, veilige parkering, braaigeriewe en ’n klein plonspoel
Bespreek nou — Porterhouse Eleven Guest HouseVanaf R2 000 vir een persoon of R2 700 vir twee persone. Tot vier persone kan vir R3 400 tuisgaan.
’n Uitstekende opsie vir gesinne of klein groepe. Die tweeslaapkamerkothuis het en suite-badkamers, ’n volledig toegeruste kombuis, binnenshuise braai, kaggel, lugversorging, Wi-Fi en batterykrag tydens beurtkrag.
Bespreek nou — Cherry Blossom CottageR1 050 per nag vir een persoon of R1 500 vir twee persone wat deel. ’n Volledige Engelse ontbyt is ingesluit.
’n Luukse B&B met vyf en suite-kamers, elkeen met ’n privaat stoepingang. Gaste geniet berg-, tuin- en swembad-uitsigte, asook lugversorging, Wi-Fi, veilige parkering en ontbyt.
Bespreek nou — Mountain View Guest HouseR110 per persoon per nag. Kinders jonger as vyf jaar kamp gratis.
Die beste algehele kampeeropsie wat fasiliteite en waarde betref. Elke kampeerplek het elektrisiteit, ’n waterkraan, braaidrom met rooster, piekniektafel en toegang tot gedeelde ablusiegeriewe. Die plaas is troeteldiervriendelik en ongeveer 30 km buite Ceres geleë.
Doen navraag — Klondyke Farm CottagesR180 per volwassene per nag
R120 per kind tussen 2 en 11 jaar
Kinders jonger as twee jaar bly gratis
’n Rustige boskampeerervaring met uitsigte oor ’n dam. Die kampeerplekke het toilette, warmwaterstorte en vars fonteinwater. ’n Tipi-tent met ses matrasse kan ook teen ’n bykomende R460 per nag bespreek word.
Bespreek nou — Petervale Guest FarmLuukse kampeerplekke: R400 per staanplek vir ses persone
Boskampeerplekke: R350 per staanplek vir ses persone
Bykomende gaste: R60 per persoon
’n Veelsydige gasteplaas met verskillende kampeeropsies. Premium staanplekke bied privaat badkamergeriewe, elektrisiteit, ’n onderdakbraai en ’n wasbak. Aktiwiteite sluit staproetes, swem in die plaasdam, voëlkyk en die besigtiging van rotskuns in.
Doen navraag — Kaleo Guest FarmKaravaan- en kampeerplekke vanaf R319 per staanplek vir ’n maksimum van ses persone. Elektrisiteit is ingesluit.
Die gerieflikste kampeeropsie vir besoekers wat geleenthede in Ceres bywoon, aangesien dit in die dorp geleë is. Fasiliteite sluit ’n Olimpiese-grootte swembad, putt-putt, muurbalbaan, kinderspeelarea, braaigeriewe en ’n ontspanningsaal in.
Doen navraag — Pine Forest Holiday ResortVanaf R420 vir een kampeerder of R470 vir twee kampeerders. Bykomende gaste betaal R200 per persoon per nag.
’n Goeie keuse vir aktiewe besoekers. Die werkende plaas bied forelhengel, kanovaart, staproetes, bergfietsry, putt-putt, vlugbal, rotsklim, rotspoele, voëlkyk en toegang tot San-rotskuns.
Bespreek nou — Heiveld Farm CottagesSelfsorg
Selfsorg en bed & ontbyt
Selfsorg
Selfsorg en bed & ontbyt
Selfsorg
Selfsorg en bed & ontbyt
Selfsorg
Bed & ontbyt
Selfsorg
Selfsorg
Gastehuis en selfsorg
Selfsorg
Selfsorg
Selfsorg en kampeer
Lodge
Selfsorg
Vanaf Kaapstad: 90 minute via N1 Vanaf Paarl: 45 minute via R46 Vanaf Worcester: 30 minute via R43
Gratis parkering beskikbaar by die Rugbyklub en nabygeleë aangewese areas.
Bekyk Kaart
Ceres Kersiefees 2026 word moontlik gemaak deur die vrygewige ondersteuning van ons borge.